DSC Arminia Bielefeld

DSC Arminia Bielefeld
logo
Volle naam Deutscher Sport-Club
Arminia Bielefeld e.V.
Bynaam/me Die Arminen
Stigting 3 Mei 1905
Tuisveld Schüco Arena,
Bielefeld
Kapasiteit 26 601
Liga Bundesliga 2
Spankleure Spankleure Spankleure
Spankleure
Spankleure
 
Tuiskleure
Spankleure Spankleure Spankleure
Spankleure
Spankleure
 
Wegkleure
Die Schüco Arena, Bielefeld

DSC Arminia Bielefeld is 'n sportklub uit Bielefeld in die deelstaat Noord-Rynland-Wesfale in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub onder andere ook afdelings vir hokkie, ysskaats en biljart.

Die klub is op 3 Mei 1905 gestig as 1. Bielefelder Fussball-Club Arminia en in 1907 het FC Siegfried Bielefeld by die klub aangesluit. In 1923 het Bielefeld een van sy grootste prestasies behaal toe die uitspeelwedstryde om die Duitse titel gehaal is en die klub eers na 'n herontmoeting (die eerste wedstryd het gelykop geëindig) met 2-1 deur Union 06 Oberschöneweide in die kwarteindronde uitgeskakel is. Die huidige naam is op 30 Januarie 1926 aangeneem. Na die herstrukturering van die Duitse sokkerstruktuur deur die Nazi's in 1933, het die klub nie meer so goed gevaar nie en kon dit tussen 1934 en 1938 nie die Gauliga Wesfale haal nie.

Na die Tweede Wêreldoorlog kon die klub nie die eerste vlak haal voor 1970, toe die Bundesliga die eerste keer gehaal is nie. Die klub staan deesdae bekend as 'n "hysbakspan" en is die rekordhouer vir die meeste promosies en relegasies uit die Bundesliga – sewe promosies en ses relegasies. In die 2004/05-seisoen het die klub sy beste vertoning nóg in die DFB-Pokal gelewer deur die halfeindronde te haal, waar daar met 0-2 teen FC Beiere München verloor is.

Die klub speel sy tuiswedstryde in die Schüco Arena, vroeër bekend as die Almstadion.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne